.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.



BESIGE BOSE GEESTE
...en ander vreemde wesens.

"American Gothic", "X-files", "Goeiemore Alaska", "Twin Peaks" en "Picket Fences" was/is TV-reekse wat hulle trefkrag almal op een waarheid gebaseer het: jy kan nooit seker wees wie die mense om jou is, wat hulle in jul privaatlewe doen of wat hulle dink nie. En veral: jy kan jou nooit die luukse toeswaai om ander te veroordeel nie.

N.P. Van Wyk Louw se "Ballade van die Bose" het dit dekades gelede al duidelik gestel: die bose is nie noodwendig iets buite jouself nie.

"een die snelles vlug
waarheen? vir wie?
ek is nie skoon
of aaklig nie,
en waar hulle vlug
daar dra hul my mee
in die grys-wit groewe
van die senuwee."

Die aksent in hierdie geval is die bose, en dis deel van die mens se samestelling.
Francois Bloemhof is 'n roman-skrywer wat die leser juis met sy eie aardighede konfronteer. Die moderne mens word geteken nes hy is: alte beskaafd en selfregverdigend, maar tog ook so weerloos en uitgelewer aan sy eie tekortkominge! Die manier waarop die valsheid en pretensie van karakters in "Die nag het net een oog" geteken word, is amper erger as die grillige gebeure self. Mens kry die gevoel dat daar met die leser ook gespot word. Herinner die koddige optrede van die karakters jou nie maar aan jouself nie? In "Die Duiwel se tuin", "Bloedbroers" en "Koue Soen" word doodgewone mense se maskers losgewikkel. Uit "Die Duiwel se tuin": "Is daar iemand spesiaaals in wie jy belangstel?" vra Colin. Die woordkeuse is, vir Colin, amper preuts. "Hulle is almal nice." "Laat ek dink". Terwyl hy loop, kyk Colin voor hom, nie na Deon nie. "Angeline Burgess?" "Nee, wat. Sy's nie te bad nie, maar Teresa Stassen?" "Ook nie te sleg nie." "Kobie Lategan?" Deon se niks nie. Hy weet Colin weet. "Fokken stunning, ne?", se Colin. (p58). Die trefkrag van rillers lê juis daarin dat al die naarhede wat die karakters tref, op die karakter se eie booshede teer vir hulle voortbestaan, en dat die kyker/leser weet hy/sy is net so korrup soos die karakters voor hom!

Johann de Waal se roman, "Machado-spoor", is in die vroeë negentigs gepubliseer. Dis 'n hardegat-verhaal van moord, sado-masochisme en bonatuurlike gebeure. Minder resepmatig as Bloemhof se pogings, en ook effens "moeiliker". Dit behoort kieskeurige lesers met 'n liefde vir die ongewone, sommer lank besig te hou.

P.G. Du Plessis se drama, "Siener in die suburbs" het die verskynsel van mense wat dinge kan "sien", uitgelig. Dis nie 'n nuwe konsep nie. Baie mense veral Afrikaanssprekendes, weet van iemand wat "met die helm gebore" is. Wat opvallend in genoemde drama is, is hoedat die mens vir geen duiwel sal stuit as hy materiële of ander gewin uit so 'n sienery kan trek nie! So word Tjokkie (die siener) met geweld gedwing om te "sien", sodat, onder andere, sy ma se lover kan weet op watter perd hy geld moet wed! Tjokkie: "Ek wil nie sien nie! dit, dit word helder! dit word helder!" (p.36).

Die gebruik van vreemde magte deur die staat word ook deeesdae in rolprente voorgestel in tonele waar die polisie byvoorbeeld 'n vrou wat dinge kan "sien" se hulp inroep om 'n krimineel te probeer vastrek.

Sheila Cussons se poësie was nog altyd deurtrek van die bonatuurlike. Vreemde ruimtes, toweragtige gebeure, die misterieuse wêrelde van die Rooms-Katolieke Kerk en die mitologie, en selfs 'n verdwaalde nagskof-spook ("Die Swart Kombuis") word lewendig in haar werk. Die literatuur maak dit dus duidelik: ons is nie so onskuldig soos wat graag wil glo nie. En verder: we are not alone!

Gelukkig is daar ook 'n ligter kant van die storie. Wat byvoorbeeld, van die gedagte dat elkeen van ons 'n beskermengel het? Soos in die TV-reeks "Touched by an Angel"? Die idee van 'n liefdevolle wese wat jou van die kwade behoed, was nog altyd 'n troosvolle een. Peanuts, die onnutsige engel in Andre Letoit se "Suidpunt-Jazz", gee die leser insig in die wêreld van die bevryde engel "die engel wat min of meer maak soos hy lekkerkry. Peanuts is gek oor grondboontjies, maar hy steur hom nie aan rugby nie. Hy loer die hoofkarakter Timo, skaamteloos af, maar hy onthou darem: Volgens die Wetboek vir Engele, Afdeling 701, Seksie 22(c), is dit streng verbode vir enige engel om 'n menslike wese sonder rede skrik te maak" (p.46). En die leser kry ook sommer 'n belangrike brokkie inligting: "Engele, selfs slegte engele, het 'n besondere sterk intuïsie, selfs sterker as ma s'n." (p.17). So 'n engel kan net 'n aanwins wees! Bonatuurlike, maar onskadelike besoekers kom ook in kinderpoesie voor soos in Philip De Vos se ongelooflike bundel "Moenie 'n mielie kielie nie":

"Dis sagter
as 'n wasempie
'n spinnekop
se asempie.
Spokie spokie
kry jou ry
want hier
mag jy
niks
kry".
WHO NEEDS TO KNOW

I saw a heel print in blood
Outside Edgars today
I wondered
A sudden rush of menstral blood
Unchecked?
Stab wounds
Left/right! Left/right

Or just a nosebleed in the city?

I'll never know

But in these hard, hot streets
Who needs to know?


gerry davidson






ODE AAN M(ll)

Elke keer wanneer jij in mijn nabijheid bentduw je schaamteloos de broze bodem van mijn ziel naar de zon.

Elke keer wanneer jij jezelf verpakt in de hoge dood van mijn verlangen ieg je gedachteloos een volgende band van licht rond mijn hals.

En telkens wanneer jij mij schenkt waaroor ik vrees en leef vul je genadeloos de beker van mijn geest met meer van jou.


navarth