.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.








Diamond giant De Beers said on it would proceed with its winter exploration program on its key Victor diamond project in Canada which was stalled pending an agreement with an aboriginal group. The winter program will provide the company with important data needed to start a full-blown feasibility study that will determine if De Beers should proceed with Ontario's first diamond mine.


Hoë staatsamptenare (onder wie pres. Mbeki se woordvoerder, mnr. Bheki Khumalo) skuld al amper 'n kwartmiljoen rand aan huishuurgeld. Hulle woon in volledig toegeruste huise in Akasiapark, Laborie en Pelican Park. Hul huurgeld is so min as R198 per maand.


Canadian sailors refused this week when the British defence ministry tried to send them to sea on one of its used submarines, claiming HMCS Corner Brook is unsafe. The Corner Brook is still under British command, pending its handover to Canada, had been set to resume sea trials. But the Canadian crew discovered an emergency device that flooded the vessel earlier this year off the coast of Scotland still wasn't working properly.


Karen Zoid, die Afrikaanse rock-sangeres het tydens 'n optrede in Potchefstroom die gehoor verstom deur haar broek voor die kameras oop te knoop en meer te wys as wat gewoonlik in die openbaar ten toon gestel word. "Die kameras was op bekkenhoogte. Dis mos moeilikheid soek. Wat wil jy op daardie hoogte afneem?" het Zoid na die tyd gevra.


Die regstellende aksie-program van die weermag het in so 'n mate misluk dat dit die ontplooiing van nuwe skepe en vliegtuie in gedrang gaan bring, is onlangs in 'n navorsingsverslag bekend gemaak. In die parlement is bekend gemaak dat die hele SA-lugmag tans oor slegs 10 vegvlieëniers beskik.

Konsultante-fooie in die Staatsdiens het die belastingbetalers in die loop van twee jaar R2,3 miljard uit die sak gejaag.


Al gehoor van rugbypale wat gesteel word?Hoërskool Empangeni kan getuig daarvan dat so iets wel kan gebeur. Hul aluminium-rugbypale is een nag 20cm van die grond af afgesaag en weggedra. Alhoewel die diewe slegs R50 by 'n skrootwerf vir hul buit sou kry, kos die oprigting van nuwe pale R10,000!


Op Sutherland word daar deesdae na die sterre gereik. Die Stargate-wetenskapsentrum, wat R70 miljoen gekos het, word binnekort daar geopen. In Sutherland is ook die Salt-teleskoop, grootste enkel-optiese teleskoop in die Suidelike Halfrond.


Motorkapers het hul slagoffer, Abrie Marais (37) van 'n hoë krans by Llandudno afgegooi en vir dood agtergelaat. Hy het die val oorleef en 'n vriend met sy selfoon gebel om hulp. 'n Helikopter moes gebruik word om hom te red en na die hospitaal toe te neem.


'n Pretoriase skoolmeisie, Alet Uys, het geskiedenis gemaak toe sy as dertienjarige so 'n hoogstaande mediese artikel geskryf het dat dit in 'n mediese joernaal opgeneem is. Dit handel oor 'n seldsame rugmurg-siekte, waaraan sy self gely het.


Die E Coli-vlakke van water in Stellenbosch se riviere is 493,000 per 100 m, is in 'n artikel in Die Burger bekend gemaak. Drinkwater mag geen E Coli bevat nie en besproeiingswater nie meer as 2,000 eenhede per 100 m nie. "Dit net 'n kwessie van tyd voordat die tuiste van "Suid-Afrika se Harvard" cholera op hande het", word beweer.


Minister Stella Sigcau het by die Durbanse lughawe glo 'n sekuriteitsbeampte 'n taai klap gegee. Hy het haar blykbaar voorgekeer waar sy by 'n verbode ingang wou ingaan. Hy het later 'n klag van aanranding teruggetrek.


Interpol het bevind dat SA se moordsyfer die hoogste is uit 110 lande wat ondersoek is. Die Suid-Afrikaanse jaarlikse syfer is 121.9 moorde per 100,000, teenoor 33.2 van Venezuela - die land met die naashoogste moordsyfer.


Goeie nuus is dat persvryheid in Suid-Afrika groter beskeming gekry het nadat 'n wysigingswetsontwerp goedgekeur is waarin die minister - anders as in die oorspronklike wet - nie meer inspraak het in die SABC se nuusbeleid nie.






LOTS HAVE CHANGED?
I am an ex Durbanite myself, from Overport/Sydenham area. I have been here in the US since 1994, have never been back "home" since. I heard lots have changed? I am interested in meeting fellow South Africans particularly Durbanites.
Joseph Bright - straightouttaafrica@yahoo.com or Joseph228@msn.com


REDES VIR PADGEE
Dis vir my so interessant om te sien hoe mense reageer op Suid-Afrikaanse emigrante. Elkeen het sy eie redes vir padgee, of dit nou jou eie droom is, onsekerheid oor die toekoms, 'n internasionale verplasing, of wat ookal, elkeen doen wat hy reken die beste is vir hom en sy gesin. Onthou, ons voorouers het na Suid-Afrika verhuis, en ons kan nie sê hulle was reg of verkeerd nie, want ons ken nie hulle presiese omstandighede nie. Ons kan praat oor reg en verkeerd, maar bly of trek rakende Suid-Afrika het niks daarmee te make nie. Indien dinge dramaties versleg in Suid-Afrika, sal daar sekerlik baie nuwes wees wat 'n rede sal hê om te trek. Kom ons laat elkeen doen wat hy voel hy moet vir sy/haar toekoms en probeer nie vir mekaar vertel hoe om ons lewens te lei nie. Ons woon nou ongeveer tien jaar in die VSA en het ons eie verhaaltjie van swaarkry te vertel - 'n redelike dik boek. Die VSA is ook nie perfek nie, maar ons geniet dit vreeslik hier in Texas. Dis lekker om elke week saam met Suid-Afrikaanse vriende te gaan gholf speel, vleis te braai, kerk toe te gaan, ens., maar dis net so lekker om die Texas-kultuur te ervaar en tussen hierdie wonderlike mense te lewe. Ons kinders is eg Amerikaans, maar het die fondasie van die Suid-Afrikaanse opbrengs. Dis hartseer omdat dit nie alles in Suid-Afrika beskikbaar is nie, maar met gereëlde kuiertjies aan ons vaderland het ons die beste van beide wërelde. Immigrasie is bitter moeilik, maar die lewenskwaliteit wat ons hier het, verruil ek vir niks anders nie.
Johan de Waal - dewaals@aol.com


WAT LAAT MY HUIWER?
Nou is ek so deurmekaar as wat kan kom. (Voel amper soos die Transvaal rugbyspelers na hul drag slae in die Curriebeker eindstryd). My "deurmekaar" het niks te doen met die feesvieringe na die rugby nie. Is Kanada werklik die oplossing vir Suid-Afrikaners wat wil padgee om 'n beter heenkome te gaan vind?. (LEKKERBEK Oktober 2002) "Soveel siele, soveel menings". Ek het ook die pad geloop en formeel aansoek gedoen om na Kanada te immigreer. Die aansoek is nou finaal afgehandel (medies ook)en ons behoort binne 4 weke in besit te wees van die nodige visas. Ons het dus maksimum 12 maande om te gaan! Is dit die onbekende wat my pla, tesame met die verhale van die wat reeds daar is en wat besig is met hul eie "struggle" of is dit die lekker van Suid-Afrika, probleme te spyt, wat my laat huiwer?Groetnis vanaf Jeffreysbaai.
Deon Meyer - deonmeyer180@hotmail.com


WEGKRUIPERS?
Groetnis uit die atlantiese provinsie. Ek woon in New Brunswick, en wonder of daar nog Afrikaners agter die klippe wegkruip. Ek is baie lus vir n regte braaivleis en sal graag een wil rëel - kontak my.
Anel - ameerholz@yahoo.com


BAIE GELUK
Hallo LEKKERBEK, heel toevallig hier beland via Die Knoop webbladsy! Baie geluk met `n mooi net tuiste. Lekker bly en seënwense hier van Londen-UK. *Espana arriba. Yo vivo en Abridge y me gusta vino tinto. Hasta la vista!
Louis Nel -ljnel@onetel.net.uk


VRIENDE
Dis 'n oulike webbladsy hierdie! Ek het onlangs gaan kuier vir vriende in Toronto en het dit vreeslik geniet. Ek bly nou in die VSA en verlang af en toe baie na ou SA! Ek's opsoek na enige ander gay Suid Afrikaners (Engels/Afrikaans/Zoeloe whatever! - maak nie saak nie), wat geïmmigreer het (na VSA of Kanada) vir email kontak en uitwisseling van avonture/stories in die "nuwe" wêreld! Skryf gerus aan: NLinCLTnc@aol.com Dankie. Baie geluk met hierdie "Smoothtalker/Lekkerbek" webbladsy - hou so aan! Ed


KANADA IS TAAI, MAAR...
Dit is lekker om Afrikaans te lees. Ek wil darem ook 'n inset lewer oor die brief op LEKKERBEK/SMOOTHTALKER Junie 2002, wat ek vandag eers raakgesien het. Ek stem saam dat dit moeilik is om goeie werk te kry in Kanada, maar indien jy bereid is om kontrak werk te verrig - beskikbaar in meeste rigtings, is werk redelik beskikbaar. Permanente poste is skaars sonder ondervinding. Ek het binne twee weke 'n finansiele pos gekry (kontrak) en ses maande later 'n permanente pos. Woonstelhuur kan wel R50 000 beloop in Toronto, maar ek het 'n vier slaapkamer huis gehuur in Bronte (Oakville) teen R35 000 per maand. Die gemiddelde huishuur in 'n goeie woongebied is tussen 2000 en 2500 Dollar per maand. Sover dit 'n kredietkaart aan betref, het Scotia Bank my 'n kredietkaart gegee na 1 maand - alhoewel ek vir die eerste jaar 'n deposito by hulle moes belê vir die risiko. Dit het my gehelp om vinnig 'n krediet rekord op te bou. Kanada is 'n taai land, en die mense wat met die eerste oogopslag na sissies lyk, kan nogal baie vat. Die mense is goedgemanierd en rustig, en baie hulpvaardig, maar die kultuur bly anders. Ons vind dat die Christian Reformed Churh die naaste aan die SA Afrikaanse (suster) kerke is, met die Presbiteriaanse kerke 'n bietjie verder in tweede plek.Is ons gelukkig met ons besluit? - beslis! Moet jy jou huiswerk doen en dit goed oordink - Ook beslis. Groete van huis en haard.
Arthur -Email: abosua1@cogeco.ca


NIE SO BLEEK NIE
Nee a, die ekonomiese vooruitsigte vir Suid-Afrikaners in Kanada is darem nie heeltemal so bleek nie. En ek ken baie Suid-Afrikaanse dokters, maar nie een wat enige iets anders as "dokter" is nie. Die wêreld is oop vir hulle as hulle die Kanadese toelatingseksamen slaag, en die noordelike deel van Kanada is net vir 'n paar jaar hulle voorland. Ons woon in Nanaimo op Vancouver Island en daar is kwalik 'n pragtiger plek. Ons dogter is 'n mediese dokter en sy het ons sowat 'n jaar gelede geborg.Groete.
Cathy Kotze - piecatcan@aol.com





INTERNATIONAL UPDATED NEWS 24/7 CLICK HERE


















To view Abelanani's interesting web page, click on this live link! <---